Appel-vy-spekboomslaai met fetaroom
 
 
Author:
Ingredients
  • 2 appels, in dun ringe gesny (plaas in suurlemoenwater tot jy dit gebruik)
  • 8 vye, in kwarte gesny
  • spekboomblaartjies
  • ‘n paar blaartjies basiliekruid en kruisement, nie baie nie
  • handvol neute (opsioneel)
  • Fetaroom:
  • 2 ringe feta, in stukke gebreek
  • ¼ koppie melk of room
  • gooi ’n paar blaartjies pietersielie en basiliekruid by as jy die fetaroom wil geur
Instructions
  1. Fetaroom
  2. Plaas die feta in die voedselverwerker en pols fyner. Gooi die melk of room by en verwerk vir ten minste 4-5 minute. Skraap die kante elke minuut skoon. Verwerk tot romerig en geen klontjies. As jy dit ‘n bietjie dikker wil hê plaas in yskas om te verdik.
  3. Slaai: Pak die appels en vye om ‘n slaaibord, sprinkel met kruie en spekboomblaartjies en bedien met fetaroom.
Recipe by Anél Potgieter at https://anelpotgieter.com/?p=9988