Tag Archives: vodka

Pasta alla vodka vir ‘n warm skop

Standard

Net toe ons dog lente is hier besluit winter om nog ‘n klein bietjie langer in die Kaap te kuier. My antwoord was pasta alla vodka, want vodka maak my altyd warm én gelukkig. 

Wat is Pasta alla vodka?

Daar is baie verskillende resepte vir pasta alla vodka, maar dit is basies ‘n pasta met arabiata-sous (tamatie, rissievlokkies, knoffel) wat dan baie goed met vodka gedokter word. Kosgodin Nigella Lawson sê: “Pasta alla vodka is the pasta that adds a bite to vodka.” En sy is in die kol, want staal jouself vir ‘n moeviese vodka skop! Saam met die pasta en parmesaan was dit dieplekker en manlief het omtrent gesmul. Dié resep is ook lekker ryk met die dubbeldik room en spek – net reg om die koue te verdryf.

Pasta alla vodka
(Aangepaste resep van die New York Times)

Bedien 4-6
1 e olyfolie
150-200 g ontbytspek, grofgekap
2 e olyfolie
1 medium ui, fyngekap
1½ t rooirissievlokkies (opsioneel)
1 t gedroogde origanum
3 groot knoffelhuisies, fyngerasper
sout en swartpeper na smaak
1/3 k tamatiepasta  (1x100g pakkie)
1 k vodka
1 k dubbeldik room  
450- 500 g pasta van jou keuse (kook gaar net voordat jy opdien)
60 g parmesaankaas, gerasper
Vir bediening
parmesaankaas
pietersielie, gekap

Gooi die olyfolie en spek in ‘n groot pan, verhit tot medium hoog. Braai vir sowat 5 minute totdat die spek bros is. Onthou om nou en dan te roer. Skep die spek uit en hou eenkant.

Verlaag die hitte na medium en gooi 2 e olyfolie in die pan. Voeg die ui, origanum en knoffel by en geur mildelik met sout en peper. Braai 5 minute totdat die ui deurskynend is. Roer terwyl dit braai. Gooi ‘n bietjie ekstra olie by indien die pan te droog braai. Roer die gebraaide spek en die tamatiepasta by, braai en roer tot dit effens donkerder van kleur is. Sowat 3 minute. Gooi die vodka by en draai hitte na hoog. Kook vir 3 minute en draai hitte af. Roer die room by en geur met sout. Ek het nog so ‘n ¼ te sout bygevoeg.